Rockies

Werk en Wen

 

Hoërskool Swartland

 

 

 

Work hard, Play hard and Pray hard

Tuis Blad

 

Tuis Blad
Geskiedenis
Uit die kantoor
Algemeen
Nuusbriewe
Kwartaal Program
Akademie
Kultuur
Sport
Ons Rockie Sterre
Koshuise
OLOK en OOV
Personeel
Raad van Leerders
Foto Galery
Beheerliggaam
Geestelike Groei
Sosiaal
Videos
Uitstappies
Kontak ons
Goue Rockies

OLOK en OOV

OLOK

Hierdie Oud-leerders en Ondersteuners Klub is gestig met die doel voor oë om veral ten opsigte van sport, maar ook op ‘n wye gebied die skool te ondersteun en te help uitbou.

Enige oudleerling of ondersteuner wat hom vereenselwig met die doelstellings van OLOK kan om lidmaatskap aansoek doen. Een van die doelstellings van OLOK is om finansiële bystand  te  verleen aan sportgroepe en -spanne  en aan individuele sportmanne en -vroue. Fondse verkry uit ledegeld en funksies word hiervoor gebruik, terwyl ‘n gedeelte ook gebruik word vir die instandhouding en opgradering van die HSS Sportkompleks.

‘n Oudleerder databasis word sedert 2005 in alle erns by die kantoor opgebou en op datum gehou. Enige inligting rakende Hoërskool Swartland oudleerders word verwelkom. Verskeie matriekgroepe hou jaarliks reünies en telkens is dit net weer ‘n onvergeetlike samekoms. Die kantoor help dus met die beskikbaarstelling van name, adresse en telefoonnommers sover beskikbaar.

Lees hier 'n pragtige brief van 'n leerder van 1933,  Danie Fyfer.

 

Skakel persoon: Mev Dorothy de Klerk: bemarking@swartlandhs.org.za

 

OOV

Hierdie vereniging, bestaande uit huidige leerders se ouers, lewer ‘n baie groot inset in die organisering van byeenkomste en die insameling van fondse. Hulle staan die personeel by en neem take uit hul hande sodat die personeel hul volle aandag aan die opvoeding van die leerders kan gee. Die OOV beywer hom ook vir die samewerking tussen die verskillende rolspelers in die skoolgemeenskap, asook vir die uitbreiding van die trotse tradisie van die skool.