Selfoonbeleid van Hoërskool Swartland

 

Na aanleiding van navrae en probleme wat ons die afgelope tyd ondervind het rakende selfone in die skool, bring ons graag die volgende onder u aandag :

 

-          Geen leerder van ons skool mag ‘n selfoon in sy/haar besit hê gedurende die skooldag nie.

-          Indien ‘n leerder ‘n selfoon na skoolure moet gebruik, om watter rede ook al, en die selfoon moet saambring skool toe, moet die leerder aanmeld by sy/haar registerklas, verlof vra om kantoor toe te gaan en sy/haar selfoon inhandig vir veilige bewaring.

-          Na afloop van die skooldag kan die leerder sy/haar selfoon weer by die kantoor gaan afhaal.

      Indien 'n leerder wel 'n selfoon in sy/haar besit het, sal dit afgeneem word en moet die ouer dit by die skool kom afhaal.

         

 

Baie dankie vir u samewerking in hierdie verband.